Die Nasionale Gesondheidsdepartement het mense wat na en van malaria-hoërisikogebiede in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo reis, versoek om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om moontlike infeksies te voorkom. Volgens die departement het malariagevalle in die land begin toeneem, met meer as seweduisend-400 gevalle en 66 sterftes wat tussen Januarie en verlede maand aangeteken is. In Gauteng was daar in dieselfde tydperk meer as een-duisend gevalle en tien sterftes van hoofsaaklik mense wat in Afrika gereis het. Die departement het sy malaria-reaksieplan verskerp deur sifting en toetsing rondom grense in hoërisiko-provinsies deur die jaar vir vroeë opsporing van ingevoerde gevalle. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, het gesê malaria is ‘n lewensgevaarlike siekte, maar is voorkombaar en geneesbaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×