Malema se aanrandingsaak word tot Oktober uitgestel

 Malema se aanrandingsaak word tot Oktober uitgestel

Foto: The South African

Die aanrandingsaak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en die parlementslid Mbuyiseni Ndlozi is tot 13 Oktober uitgestel.

Die twee het vanoggend vlugtig in die Randburgse Landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die beweeerde aanranding van ‘n polisielid op Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis in 2018.

Malema het buite die hof gesê die saak is een van vele pogings om sy leierskaps-styl te bevraagteken.

LeandreAdmin@