Volgens die leier van die EFF, Julius Malema sal die Grondwet eers van waarde wees wanneer daar voorsiening gemaak word vir grondonteiening sonder vergoeding.   Malema sê die land het ‘n grondwet nodig waarvolgens die regering alle seggenskap oor grondsake het. Malema het die party se studenteliggaam, die EFF Students Command, se vierde nasionale vergadering, die eerste vergadering in drie jaar sedert die uitbreking van die Covid-19 pandemie, in Boksburg aan die oos-rand toegespreek. Malema het aan die studente gesê dat grond onteien moet word sodat nuwe Universiteite daarop gebou kan word met koshuise wat gratis verblyf bied. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×