Julius Malema sê van al die witmense in die land, hou hy die meeste van Afrikaners. Hy het Vrydag tydens ‘n ontmoeting met joernaliste in Johannesburg gesê die meeste Afrikaners het net een paspoort en dit is hier.

Hulle is nie soos ander mense met die een voet hier en die ander voet daar nie, wat nie eintlik weet waar hulle hoort nie. Malema het gesê hy beplan eersdaags ‘n ontmoeting met Afrikaner boere. Hy het bygevoeg hy gaan nie sy deuntjie verander wat grondhervorming betref nie. Malema het gesê Afrikaners moet die land en rykdom met almal deel. Die mense van Suid-Afrika moet saam met witmense werk.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×