Wanneer ‘n volk sistematies geteiken word en gedurig vermoor word, moet daar gevra word of dit ‘n volksmoord kan wees, dit behoort ook nie anders te wees as dit kom by plaasmoorde in Suid-Afrika nie. So het die vraag gelui van ‘n parlementslid van Vlaamse Belang, Kristof Slagmulder aan die minister-president in die Vlaamse parlement, Jan Jambon. Slagmulder het volgens Maroela Media vir die parlement vertel dat daar meer as 3000 boere die afgelope 30-jaar deur swart Suid-Afrikaners vermoor is en dit op die wreedste en agressiewe manier moontlik. Die haat waarmee die moorde gepleeg word, is onbeskyflik want slagoffers word tot lewend aan die brand gesteek en met pikke doodgeslaan, het hy gesê. Slagmulder het gesê hy is ook bekommerd oor die leier van die EFF, Julius Malema wat openlik volksmoord op wit boere aanhits. Salgmulder het gesê die Afrikaners is ‘n boerevolk met ‘n sustertaal van Nerderlands en dat Vlaminge nie kan wegkyk van die volksmoord nie. Hy het Jambon gevra of hy bereid sal wees om die Suid-Afrikaanse regering te vra om in te gryp. Jambon het gesê hy het dit al met die Suid-Afrikaanse regering bespreek. Slagmulder het gesê Hy dink daar skuil rassistiese motiewe agter die moorde.
