Die leier van die EFF, Julius Malema, sê President Cyril Ramaphosa is ‘n moordenaar wat mense deesdae met beurtkrag om die lewe bring. Malema het gister tydens ‘n saamtrek by die Universiteit van Zoeloeland in Richardbaai aan studente gesê Ramaphosa het eers 37 mynwerkers by Marikana in 2012 doodgemaak en nou maak hy mense met beurtkrag dood.

Malema het sonder brieke onder die ANC ingeklim en die regering swape genoem wat nie die waarde van onderrig besef nie. Netwerk 24 berig hy het bygevoeg nou gaan mense weens beurtkrag dood omdat asemhalingsmasjiene in hospitale nie kan werk as daar nie krag is nie.

As jy stem om van Ramaphosa ontslae te raak, stem jy om ‘n einde aan die donkerte in die toekoms te maak. Malema het ook gratis onderwys belowe en dat maatskaplike toelaes vir werklose mense verhoog sal word as die EFF die verkiesing wen. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×