Terwyl Julius Malema die een is wat aangekla word, slinger hy nou beskuldigings na die aanklaer in sy vuurwapensaak. Malema het vroeër vandag vanuit die beskuldigde gesê hy word onregmatig vervolg, en dat staatsadvokaat Joel Cesar, dit goed weet. Volgens die EFF-leier, gebruik Cesar Malema se naam om sy eie loopbaan te bevorder.
Die Oos-Londense landdroshof het van Malema gehoor dat die aanklaer glo poog om sy se reputasie te vernietig, en ook om die lewe van sy vrou en kinders te verwoes. Malema en sy lyfwag, Adriaan Snyman, staan tereg op aanklagte wat die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer insluit. Dit spruit uit ‘n beweerde voorval by ‘n EFF-saamtrek in 2018. Malema hou vol dat hy met ‘n speelgoedgeweer geskiet het.