Die moontlikheid bestaan dat die EFF-leier, Julius Malema omstredenheid inspan om steun te werf vir die 2024-algemene verkiesing.
Malema se gebruik van die slagspreuk, Kill the Boer, Kill the Farmer, tydens die EFF se viering van sy tiende bestaansjaar, het nie net opspraak in Suid-Afrika gemaak nie, maar het danksy sosialemedia mense van reg oor die wêreld se oë op Suid-Afrika se politieke klimaat gevestig.
Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Rosestad-nuus gesê Malema MOET op omstredenheid terug val om steun te werf, aangesien hy nie werklik iets anders het waarmee hy mense kan werf om vir hom en sy party te stem nie.