Malusi Gigaba sê hy was nie bewus dat die Gupta’s groot bedrae geld geplunder en verskeie staatsondernemings gekaap het tydens sy ampstermyne as minister nie

Volgens voormalige minister, Malusi Gigaba, was hy nie daarvan bewus dat die Gupta’s groot bedrae geld geplunder en verskeie staatsondernemings gekaap het tydens sy ampstermyne as minister nie.  Hy het vandag by die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. Kontrakte rakende staatskaping van sowat 60 miljard rand is na bewering grootliks toegeken aan ondernemings met Gutpa-bande. Die kommissie het Gigaba gevra hoe die plundery kon plaasvind terwyl hy as minister in beheer was. Hy het gereguleerde verslae en die gebrek aan betrokkenheid van ministers by die toekenning van kontrakte geblameer. Gigaba word ook daarvan beskuldig dat hy die ondertekening van FICA-wetgewing uitgestel het om die Gupta-familie en hul vennote te beskerm. 

Luister na potgooie hieronder