Die Nasionale Verbruikerskommissie, of NVK, het ‘n bewaringsbevel teen die reisagentskap, Priority Escapes, en sy direkteur, Francois Swart, verkry. Swart, wat glo talle mense bedrieg het met vakansiereise, het intussen spoorloos verdwyn. eNCA berig die polisie in Limpopo het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik. Dit kom nadat Priority Escapes wat in Fourway gebasseer is, vakansiereise na die Maldive geadverteer het en weens beweerde finansiële uitdagings nooit gerealiseer het nie. Ondersoeke het bevind dat talle verbruikers vals bevestigingsdokumente ontvang het nadat hulle vir die vakansiebesprekings betaal het. Die NVK se Thezi Mabuza sê hulle sal die geld bewaar in die bankrekeninge wat aan die agentskap en Francois Swart behoort. Mabuza sê hulle probeer ook vir Swart opspoor om hom met die Nasionale Verbruikerstribunaal se dokumentasie te bedien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×