Man en vrou sterf in helikopter-ongeluk by die Vaaldam

 ‘n Man en ‘n vrou is dood toe ‘n helikopter by die Vaal Marina in Gauteng in die Vaaldam gestort het. Volgens Netcare 911 het die ongeluk vroeg gisteraand gebeur. Die Robinson-R-44-helikopter het sowat 200 meter van die oewer af in die dam neergestort. Polisieduikers het die liggaam van ‘n vrou van ongeveer 50 jaar uit die water gehaal. Die liggaam van die man is vermoedelik nog in die wrak vasgekeer.

Luister na potgooie hieronder