‘n Man verskyn in die Worcester-landdroshof op aanklag van strafbare manslag weens ‘n bus wat op die N1 naby Worcester omgeslaan het.
Nuusflits berig dat agt mense op die toneel dood verklaar is, terwyl 23 beseer is.
Die beseerdes is na verskeie mediese fasiliteite in Worcester vervoer vir verdere behandeling.
Onder die oorledenes is daar ook kinders. Sers. Wesley Twigg bevestig dat die man in hegtenis geneem is en dat die omstandighede rondom die ongeluk tans ondersoek word.