Man in hegtenis geneem in verband met die brand teen die hange van Tafelberg

‘n 35-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die brand teen die hange van Tafelberg waarin geboue van die Universiteit van Kaapstad beskadig is.

Volgens die Kaapstad Metro soek hulle na nog twee verdagtes wat daarin geslaag het om die polisie te ontduik.

Polisie het die een verdagte gisteraand in Phillip Kgosana-rylaan aangekeer waar gister se brand uitgebreek het.

Dit volg nadat die buurtwag na bewering drie mans gesien het wat ‘n vuur maak teen die hange van Tafelberg.

Volgens berigte word die verdagte wat aangekeer is, van brandstigting aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.

Luister na potgooie hieronder