‘n 51-Jarige man sal binnekort in die landdroshof op Eshowe in KwaZulu-Natal verskyn, in verband met ‘n botsing waarby oudpresident Jacob Zuma betrokke was.
Volgens die polisie het die man se voertuig Donderdag op die R-66 tussen Nkandla en Eshowe, teen Zuma se ampsvoertuig gebots.
Die voormalige president was tydens die botsing in die voertuig saam met lede van sy beskermingsdienste. Niemand is beseer nie. Die man word aangekla van dronkbestuur, sowel as roekelose of nalatige bestuur.