Man in kritieke toestand nadat hy sy vrou skiet en geweer op homself rig

‘n Bloemfontein man is in ‘n kritieke toestand in die Life Rosepark-hospitaal opgeneem nadat hy sy vrou geskiet het, tydens ‘n woordewisseling, en daarna sy dienspistool op homself gerig het.

Netwerk24 berig die voorval het Maandagaand omstreeks half-7 plaasgevind.

Volgens die egpaar se buurman het hy ‘n gil gehoor en toe skote hoor klap.

Hy sê die gil was die van die huishulp, sy was ook die een wat die polisie ontbied het.

Die buurman sê hy is daarheen om te probeer help toe die polisie ook daar aankom.

Luidens berigte was die egpaar se drie kinders by familie tydens die voorval.

Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Luister na potgooie hieronder