’n Man verskyn binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op ’n aanklag van moord.

Luidens ’n polisieverklaring is ’n slagoffer in Navilsig doodgesteek.

Die polisie is op Dinsdag 29 April na ’n plot ontbied ná ’n klag van aanranding met geweld.

Hulle het ’n man met ’n steekwond in die maag gevind.

Hy is na die hospitaal geneem, maar is die volgende oggend aan sy beserings dood.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

Die mes is gekonfiskeer as bewysstuk.

Die klag teen hom is van aanranding na moord verander.

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

error: Inhoud is beskerm !!