’n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n vrou in Thabong, Welkom beledig en gewond het.

Volgens ’n polisieverklaring het die Welkom Anti-Bende-eenheid op Sondag 27 April op ’n klagte gereageer en die slagoffer met ’n steekwond aan haar arm aangetref.

Die man het glo haar huis binnegedring, haar beledig en toe gesteek.

Sy kon hom afweer en hy het gevlug.

Hy is later by ’n kroeg vasgetrek en ’n mes is by hom gekry.

Hy sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria.

error: Inhoud is beskerm !!