‘n Man het Maandagoggend omstreeks half-tien in ‘n pilaar op die tweede vlak van Preller Square in Bloemfontein se parkeergarage vasgery. Dít nadat hy vermoedelik sy bewussyn verloor het. Uit die aard van die botsing is die man in sy voertuig vasgekeer. Sy vrou het hom na die Rosepark-hospitaal geneem. Die oorsaak van sy floute is onbekend en dit wil voorkom of hy nie enige beserings as gevolg van die ongeluk opgedoen het nie. Die wrak is intussen uit die parkeerarea verwyder en sake hier gaan nou sy normale gang. Dank gaan aan Rikus Slabbert van Bloemsec wat ondersteuning op die ongelukstoneel gebied het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×