Die man wat tydens die Paasnaweek van voor teen die motor van oudpres Jacob Zuma gebots het, is op borgtog van R500 vrygelaat. Die 51-jarige Mbuyiseni Ntuli het vlugtig in die landdroshof op Eshowe verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur asook dronkbestuur.

Die saak is tot 3 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Die ongeluk het vroeg Donderdagaand plaasgevind toe Zuma oppad terug was na sy woning in Nkandla na ‘n politieke vergadering in Eshowe. Zuma is nie beseer nie maar was glo erg geskok. Lede van sy MK-party het na die ongeluk gesê dit was ‘n aanslag op Zuma se lewe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×