Die kleinseun van die voormalige president, Nelson Mandela, ’n vrou en drie mans, is vanoggend in hegtenis geneem.
News24 berig hulle is vasgetrek by die voormalige president se huis in Houghton, Johannesburg, vir die besit van ’n gekaapte voertuig.
Volgens die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement het beamptes inligting ontvang oor ’n wit Toyota Corolla wat in Oaklands gekaap is.
Die voertuig is by die huis gevind, en vyf verdagtes is in hegtenis geneem.
’n Ongelisensieerde vuurwapen is ook op die perseel ontdek.
Die vrou wat in hegtenis geneem is, huur glo die eiendom en ken die drie mans.
Al vyf verdagtes word tans by die Norwood-polisiekantoor aangehou.