’n Amperse “oorlog” het gister ten tyde van Mandeladag-vierings, in Wepener in die Vrystaat uitgebreek.

Ondersteuners van die EFF, tesame met ondersteuners van onafhanklike kandidate, het glo hul stemme vir ANC-ondersteuners dik gemaak.

Netwerk24 berig die humeure het opgevlam, en verkiesingsbaniere is vernietig, te midde van ’n heftige stryery oor die munisipale tussenverkiesings wat later vandag hier gehou word.

Die ondersteuners van die EFF-kandidaat en die onafhanklike kandidaat het die ANC daarvan beskuldig dat hy sy Mandeladagvierings met staatshulpbronne in die dorp kom hou.

Intussen heers daar elders ook onmin oor vandag se vier tussenverkiesings in die Mangaung-metro.

In aanloop tot die tussenverkiesings is daar bewerings dat die ANC kiersers glo probeer “omkoop”.

Kospakkies is blykbaar onder meer uitgedeel in die betrokke wyke.

Gregory Nthatisi, die waarnemende burgemeester, verwerp die bewerings.

Sou die ANC vandag 2 van die 4 tussenverkiesings in wyk 7, 29, 49 en 50 verloor, sal hy sy meerderheidstem in die Mangaung-metro verloor

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×