Die Bloemfonteinse stadsaal is as deel van ‘n driedaagse, Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (STEM) ekspo, in ‘n leersentrum omskep.
Die ekspo, aangebied deur die Mangaung Biblioteek- en Inligtingsdienste asook die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika, beoog om STEM-vakke en -loopbane onder hoërskoolleerders van 33 skole in Mangaung te bevorder.
Uitstallings soos hierdie gee, volgens volgens Sello More die Mangaung Metro statsbestuurder, insig oor die verskillende innovasies wat daar in Mangaung is. Hy voeg by dat Bloemfontein sulke inisiatiewe moet ondersteun en dat hy hoop leerders by die ekspo sal baat en die nodige inligting wat hulle in staat sal stel om hul toekomstige beroepsrigtings te kies, sal kry.