Salarisverhogings vir die sewe Mangaung Metro departementshoofde is bekend gemaak. Volgens Volksblad is die verhooging amper 5-honderd en vyftig duisend rand per jaar vir elk van die 7 hoofde.  Die munisipale bestuurder wat reeds onlangs ‘n 7-honderd duisdend rand verhoging gekry het – kry nou nog honderd duisend rand per jaar meer.

Hulle berig verder dat volgens Sello More, die munsipale bestuurder, was die departementshoofde maar op ‘n salarisskaal van 1.4miljoen rand per jaar en hulle konnie dat die hoofbestuurders meer as hulle hoofde verdien nie, dit is dus waarom die hoofde se salarisse nou op 1.9 miljoen rand elk staan. Volgens Henry Denner, van die VF Plus, is die verhoging van die sewe departementshoofde aan die salarisse van 23 polisiekonstabels of 30 verpleegkundiges gelykstaande.

Hy het bygevoeg dat die besluit, gegewe die huidige geldelike stand van die bankrot metro, besonder bisar is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×