Agt amptenare is by die Mangaung-korrektiewe sentrum in die Vrystaat geskors na die dood van ‘n gevangene verlede maand.
SABC-nuus berig die gevangene, Mpho Mkhumbeni, is na bewering saam met drie ander gevangenes aangerand en gemartel weens ‘n tronkbewaarder se geld wat vermis geraak het.
‘n Nadoodse ondersoek het bevind dat hy weens onnatuurlike oorsake dood is, en die polisie het bevestig dat die geregtelike ondersoek na ‘n moordondersoek verander is. Die Mangaung-gevangenis word deur G4S bestuur, en het voorheen die nuus gehaal ná die ontsnapping van die reeksverkragter en moordenaar, Thabo Bester.
Die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, sê dit is kommerwekkend dat senior bestuurders wat moes toesig hou oor die deursoeking van die tronksel, nie ingegryp het of die aanranding aangemeld het nie.
Hy sê dit wil voorkom of G4S gepoog het om die gebeure toe te smeer en die ondersoek te ondermyn, wat kan neerkom op regsverydeling.
1 Comment
Comments are closed.