As deel van die Inside-Out Outside-In inisiatief het Jacques Jordaan, van Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement van sielkunde, ‘n boekprojek by die Mangaung Korrektiewe Sentrum, geinisieer.   Die Inside-Out groep glo daarin om prosesse te fasiliteer waar lede van die gemeenskap met die binne die korrektiewe omgewing in Suid-Afrika aktief betrokke kan raak. Terwyl die groep, volgs die UV, nie intervensies bestuur nie, dien hulle as ‘n bron van inligting oor inisiatiewe soos die ontwikkeling van tersiêre onderwysgeleenthede vir oortreders en amptenare, kwessies van sosiale herintegrasie na vrylating, asook kwessies wat verband hou met die families en familielede van oortreders. Lede van die belangegroep sluit akademici, navorsers en personeel van die Departement van Korrektiewe Dienste, soos sielkundiges en maatskaplike werkers in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×