Opposisieraadslede van die Mangaung-metro het gister daarin geslaag om Vumile Nikelo, ANC-hoofsweep, met ‘n mosie van wantroue uit sy pos te verwyder. Die Volksblad berig voorts die uitslag was 46 stemme vír die mosie en 38 daarteen. Twee mosies van wantroue is teen hom ingedien. Een deur die VF Plus en een deur die DA. Die mosies spruit uit ‘n brief van 5 Augustus waarin Nikelo glo vir Stefani Lockman-Naidoo, in opdrag van die ANC se tussentydse Mangaung-streekkomitee, beveel het dat geen verdere raadsvergaderings sonder die komitee se toestemmig mag plaasvind nie. Doktor Elizabeth Snyman-Van Deventer van die VF Plus het gesê hierdie optrede is in stryd met sy bevoegdhede as raadsweep en is ook in stryd met die gedragskode vir raadslede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×