Die Mangaung-metro het R8,1 miljoen betaal vir inligtingstegnologie-dienste wat nooit gelewer is nie. Dit is nog skokkende bevindings van die ouditeur-generaal, of OG, se verslag vir 2022/2023. Die geld maak deel uit van die vrugtelose, vermorste asook onreëlmatige uitgawes in die verslag wat vroeër die week tydens ‘n raadsvergadering voorgelê is.

Netwerk 24 berig ook dat dieselfde verslag toon dat die metro R1,4 miljoen te veel aan sommige Mangaung-raadslede betaal het. Daar is ‘n stadsraadslid wat reeds sy pos ontruim het en steeds R52 000 ontvang het. Dirk Kotze, ‘n DA-raadslid en kenner van inligtingstegnologie-dienste, het gesê die bedrag is verbysterend juis omdat die inligtingskommunikasie-tegnologie wat verlede jaar al gekaap is, rooi ligte laat flikker het. Kotze het gesê die meer as agt-miljoen-rand sou eerder kon help om beter kuberveiligheid te skep.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×