Inwoners van die Mangaung-metro gaan nie ekstra tyd kry om beswaar teen nuwe eiendomswaardasies te maak nie. Die Volksblad berig die spertyd vir besware het reeds op 20 Mei verstryk, maar dat dié datum glo laat in die Provinsiale Staatskoerant gepubliseer is. Tydens ‘n raadsvergadering wat Vrydag gehou is, het die metroraad die laat aankondiging gekondoneer, maar het ‘n voorstel van die DA, dat die spertyd tot 30 September verleng moet word, van die hand gewys. Die nuwe eiendomswaardasies het op 1 Julie van krag geword. DA-raadslid, Rossouw Botes het gesê inwoners het eers in Julie en Augustus op hulle nuwe rekeninge gesien wat die nuwe eiendomswaardasies is waarop hulle nou verhoogde tariewe moet betaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×