Dit het niks minder nie as drie spesiale raadsvergaderings gevat, maar die Mangaung-metro se begroting vir die 2022-23-boekjaar is eindelik Woensdag in Bloemfontein goedgekeur. Dit beteken onder meer dat ‘n golf van verhogings inwoners van die metro binnekort gaan slaan. Die uitslag na die stemmery by die derde spesiale raadsvergadering was 54 stemme vir die begroting en 42 daarteen, en daar was twee lede wat buite stemming gebly het. Drie van die 101 raadslede was ten tyde van gister se vergadering afwesig. Elektrisiteit styg met 7,47% en huishoudelike erfbelasting met 6%. Die prys van water sal met minstens 9% styg en vir vullisverwydering sal inwoners 4,8% meer moet opdok. Die nuwe begroting tree op op 1 Julie in werking.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×