Die Mangaung-metro se begroting vir die nuwe geldjaar, is gister tot die verdriet van inwoners, en tot die afgryse van opposisiepartye goedgekeur.

Gregory Nthatisi, wie as waarnemende uitvoerende burgemeester, in diens van die metro se mense staan, het die EFF en ander minderheidspartye se steun gekry.

Dit was net die DA en die VF Plus wat téén die begroting gestem het.

Mense in die metro sal van 1 Julie af hul rieme nóg fyner moet sny – sélfs vir munisipale dienste wat glad nie, of selde, gelewer word.

Die gemiddelde stygings sien só daarna uit: Elektrisiteitstariewe styg met ongeveer 15% en water met 9%.

Erfbelasting vir wonings styg met ‘n gemiddeld van 5,2% en dit is ongeveer dieselfde vir sakeondernemings.

Santitasie kos ongeveer 5,3% meer en die verwydering van vullis sal met min of meer 8% styg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×