Die skuld van die Mangaung metro het van R348 miljoen in Junie tot R635 miljoen in September toegeneem. Die DA-raadslid Dalena Dennis het tydens die jongste raadsvergadering in Bloemfontein in haar toespraak gesê die meeste word vir elektrisiteit geskuld. Die res van die skuld sluit in salarisse, handelskrediteure en pensioenfonds bydraes wat afgetrek is van salarisse maar nie aan pensioenfondse oorbetaal is nie. Volgens Netwerk 24 het Dennis gesê dit is die rede vir die algehele nie-funksionering van dienste wat tot gevolg het dat mense se erwe en strate deurtrek is met rioolvuil, waterlekke van gebarste pype en slaggate.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×