Die Mangaung-metro het inwoners verseker dat die gehalte van kraanwater in Bloemfontein veilig is vir menslike gebruik.

Dit volg na klagtes oor die verkleuring van kraanwater in dele van die munisipaliteit.

LEES MEER: Bloemfontein se watergehaltekwessies steeds troebel

Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê die waterdiensverskaffer – Vaal Water – het omvattende toetse en ondersoeke gedoen om die bron van verkleuring vas te stel.

Khedama sê die retikulasiestelsels in gebiede wat geraak word, insluitend Fleurdal, Uitsig, Universitas en Langenhovenpark, word gemonitor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×