Meer as 70-duisend huishoudings in die Mangaung-metro het of puttoilette of geen sanitasie. Die Metro, wat Bloemfontein insluit, is een van elf disfunksionele munisipaliteite in die Vrystaat. Die Menseregtekommissie, of MRK, het die afgelope week getuienis aangehoor nadat 19 Vrystaatse munisipaliteite voor die MRK gedaag is.

Netwerk 24 berig Dr Henk Boshoff, nasionale MRK-kommissaris, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die stortingsterreine wat aan die brand gesteek word, is die oorsaak dat Mangaung die tweede vuilste stad in Afrika is wat lugbesoedeling betref. Itumeleng Masobeng, departementshoof vir tegniese dienste in Mangaung, het getuig dat inwoners van die metro nie vir dienste betaal nie en die skuld reeds meer as R10 miljard beloop.

Hy het gesê daar is nie genoeg pomp-masjiene om geventileerde putlatrines op ‘n gereelde basis te diens nie. Masobeng het gesê daar is ‘n onderbesteding van 8% by informele nedersettings terwyl die metro jaarliks R290 miljoen se nasionale toelaag kry om informele nedersettings te formaliseer. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×