Die DA in die Mangaung-metro verlaat hom nou op die Speaker, om die sakebelange van die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, te ondersoek.

Nthatisi dien na bewering as direkteur in sewe maatskappye. Luidens ‘n verklaring sê die DA sy rede tot kommer, spruit daaruit voort dat die burgemeester se verklaringsdokumentasie oor alle finansiële belange, nie sy skakeling met al hierdie maatskappye vervat nie.

Die volledige openbaarmaking van sodanige betrokkenheid, is volgens die DA ononderhandelbaar. Dit moet botsende belange voorkom, wanneer entiteite waarby raadslede betrokke is, aan munisipale tenderprosesse deelneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×