Die Uitvoerende Burgemeester en raadslid van Mangaung, Gregory Nthatisi, het, saam met lede van die burgemeesterskomitee en die stadbestuurder, Sello More, met die VSA-konsul-generaal, Stephanie Bunce, in die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein vergader.

’n Verklaring van die Mangaung Munisipaliteit meld dat die kern van die gesprekke tussen Nthatisi en Bunce gefokus het op maniere om verhoudings tussen Mangaung en die VSA-ambassade te versterk, sowel as om inligting en geleenthede beter aan die inwoners van die gebied bloot te stel.

Nthatisi voeg by dat hulle die verhouding met die ambassade waardeer en wil verseker dat inwoners van die streek, en klein besighede, ten volle voordeel trek uit die geleenthede wat deur die VSA-navorsingsentrum beskikbaar gestel word

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×