Die Mangaung metro is weereens deur die 2024 Bestuurswerkverrigting-indeks se verslag van Good Governance Africa, aangewys as die metro wat die swakste in die land bestuur word.

Die DA koukus-leier in die Mangaung Metro, Hardie Viviers, sê in ‘n verklaring die party het die ANC-beheerde metro verskeie kere gewaarsku oor swak politieke leierskap. Die DA het ook uitgewys dat sekere senior bestuursposte in die metro nog nie gevul is nie. Viviers sê die swak leierskap en bestuur in die metro duur voort ondanks nasionale ingryping.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×