Mango vlugte word nogmaals vertraag

Chaos heers weer eens op lughawens, nadat die staatsbeheerde Mango-lugdiens vlugte uitgestel het.

Netwerk 24 beweer dat die lugdiens bloot op Twitter vanoggend aangedui het dat vlugte vertraag is en hergeskeduleer sal word.

Passasiers word versoek om eers die status van hulle vlugte na te gaan, voordat hulle lughawe toe vertrek.

Frustrasie en ongeloof heers onder passasiers.

Heelwat mense het laat blyk dat hulle vlugte tot laatnag uitgestel is.

Dit beteken dat hulle na die begin van die aandklokreël eers by hulle bestemmings sal arriveer.

Mango is ‘n filiaal van die SAL, wat tans in sakeredding is, en wag vir ‘n reddingsboei van die regering om staande te bly.

Luister na potgooie hieronder