Twee mans is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Centlec behoort.
Volgens ’n polisieverklaring het die twee beskuldigdes in November 2022 elektriese panele by ’n Centlec-substasie gesteel.
Die skade het R2,5 miljoen beloop.
Ná hul inhegtenisneming is die gesteelde toerusting by hulle gevind.
Die Bloemfonteinse streekhof het op Maandag elke beskuldigde tot twee vonnisse elk gevonnis: een vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en een vir die diefstal daarvan.
Die SAPD sê dié swaar vonnisse wys op hul erns om misdade teen infrastruktuur hok te slaan.