Drie mans wat ‘n Vodacom-toring beskadig en besteel het, is Woensdag tot 30 jaar effektiewe tronkstraf in die Bethulie-streekhof in die Vrystaat gevonnis. Maroela Media berig Patrick Chirambandare, Washington Khoza en Cliff Hove het elk ‘n vonnis van 15 jaar ontvang nadat hulle aan ‘n Vodacom-toring naby Springfontein gepeuter het. Die mans is elk ‘n verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van batterye ter waarde van 78 duisend rand wat ook by die toring gesteel is. Staatsaanklaer Leon Ehlers het die hof gevra om die beskuldigdes swaar te straf, aangesien die beskadiging van infrastruktuur soos hierdie ‘n ernstige uitwerking op Suid-Afrikaners het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het skade aan infrastruktuur tot prioriteitsmisdaad verklaar vanweë die hoë voorkoms van dié soort misdaad in die provinsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×