Die bevindinge wat na ‘n sogenaamde oudit by ‘n koshuis van die Universiteit van Stellenbosch gemaak is, het sosiale media aan die gons.

Luidens beriggewing deur News24 is daar vreemde items in twee vertrekke by die manskoshuis Wilgenhof gevind. Die Universiteit het nie genoem wat in die vertrekke is nie, maar foto’s en video’s – wat Rosestad-nuus ook gesien het – wys onder meer ‘n vertrek wat deels swart geverf is, met mure vol graffiti, en ook foto’s en sketse wat aanstootlik kan wees.

Netwerk24 berig hulle het by navrae die inligting gekry dat die Universiteit kennis neem van die ernstige artikels en dokumente wat by die koshuis is. Hulle sê wel hulle kan nie in die stadium oor die besonderhede van die artikels uitwei nie aangesien dit nou deeglik deur die personeel bestudeer word.

Die paneel sal dan die universiteit adviseer oor hoe die kwessie verder hanteer moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×