Die nasionale voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, is ontevrede oor Fikile Mbalula se uitlating, waarvolgens die rerende party skynbaar blatant gelieg het, om oudpresident Jacob Zuma gedurende sy ampstermyn te beskerm.
Mantashe sê Mbalula het meegevoer geraak en het dinge gesê wat hy nie moes sê nie.
Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondag erken dat die regerende party in die parlement gejok het oor die oudpresident se Nkandla-besteding.
Hy het gesê die ANC het ‘n ad hoc-komitee in die lewe geroep om Zuma teen aantygings te beskerm, waarvolgens hy staatsgeld vir opknappingswerk by Nkandla aangewend het..