Die Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, sê Suid-Afrika kan na Rusland of Iran wend om sy siviele kernkragkapasiteit uit te brei.
TimesLIVE berig dat Suid-Afrika beplan om 2 500 MW by sy energievoorsiening te voeg, aangesien beurtkrag die ekonomie knou.
Hulle voeg by Washington hou glo die situasie dop nadat die Verenigde State se president, Donald Trump, ‘n uitvoerende bevel onderteken het wat Suid-Afrika daarvan beskuldig dat die land bande met Iran versterk vir kommersiële en militêre doeleindes.
TimesLIVE brei uit dat die bestaande kernkragooreenkoms met die VSA in 2022 verval het, maar onderhandelinge duur voort.