Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het besluit om spesiale verlof te neem, te midde ‘n ondersoek na beweerde korrupsie tydens haar tyd as minister van verdediging.
Luidens ‘n verklaring wat gistraand uitgereik is, word haar spesiale verlof onmiddellik van krag. Sy voer die ernstige aard van die bewerings teen haar, asook media-spekulasie as redes vir die besluit aan. Voorts meld sy daar is geen formele kennisgewing van ‘n inhegtenisnemingsbevel, of enige kommunikasie dat sy, soos wyd berig is, haarself vandag aan die polisie sou oorgee nie.
Mapisa-Nqakula word daarvan verdink dat sy miljoene rand as omkoopgeld van ‘n voormalige militêre kontrakteur ontvang het.