Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, verskyn Donderdag in die Pretoria Landdroshof. Dit, nadat sy het haarself vanoggend by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aan die polisie oorgegee het.

SABC-nuus berig sy het gister as speaker en as parlementslid bedank te midde van ‘n ondersoek na bewerings van korrupsie teen haar. Sy word daarvan verdink dat sy miljoene rand se gunslone van ‘n kontrakteur ontvang het terwyl sy die Minister van Verdediging was.

LEES MEER: Speaker gee haarself oor aan polisie

Mapisa-Nqakula het in haar bedankingsbrief gesê dat haar bedanking nie as ‘n skulderkenning beskou moet word nie. Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag haar dringende aansoek om ‘n interdik teen haar moontlike inhegtenisneming te bekom, van die rol geskrap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×