MARATHON – Die 2016 Comrades wenner Charnè Bosman het Saterdagoggend die Loskop-wedloop oor 50km wat tussen Middelburg, Mpumalanga en die Loskopdam gehardloop word in ’n tyd van 3:28:46 gewen.
Diè 48-jarige onderwyeres van Pretoria het van die wegspring af die pas aangegee en deurentyd op haar gemak gelyk.
*Charne hardloop ook nou baie minder as voorheen maar beplan om wel oor 2 jaar – wanneer sy 50 is – weer by die Comrades beginpunt aan te meld wat tussen Durban en Pietermaritzburg plaasvind