Die Keniaanse langafstand atleet, Ruth Chepngetich, het die marathon-wêreldrekord verbeter.

Chepngetich het die Chicago-marathon in twee uur, nege minute en 56 sekondes gewen.

Dit was byna twee minute vinniger as die rekord van Tigs Assefa van Etiopië.

Die Keniaan het intussen ook die eerste vrou geword om die Chicago-marathon drie maal te wen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×