Die prokureur-generaal Fhedzisani Pandelani sal na verwagting vandag meer inligting gee oor die vergoeding wat toegeken is aan diegene wat deur die Marikana-slagting geraak is. Dit is amper 10 jaar na die slagting wat op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn in Marikana, in Noordwes, plaasgevind het. Vier-en-dertig mynwerkers is deur die polisie doodgeskiet is, terwyl nog 10 gesterf het in die gebeure wat tot die massaskietery gelei het. Dit is verlede jaar aan die lig gebring dat meer as 170 miljoen rand aan slagoffers van dié gru-voorval betaal is. Pandelani sal na verwagting uiteensit of enige verdere ondersteuning aan die geliefdes van die oorlede mynwerkers gegee sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×