Een van Suid-Afrika se bekendste akteurs, Marius Weyers, se kunstenaar-vrou, Evette, is in die ouderdom van 77 oorlede. Sy is gistermiddag net na twee-uur met Marius by haar, in hul huis in Rooi-els in die Wes-Kaap oorlede. Maroela Media berig sy is in 2019 met Alzheimer gediagnoseer en is sedertdien deur haar man versorg. Sy was sonder twyfel die belangrikste mens is sy lewe. Hulle was vir 48-jaar getroud, het ‘n goeie vriend, Dr. Chris Vorster van Bloemfontein gesê. Nog ‘n jare lange vriend van die Weyers-egpaar wat deur die jare by hulle aan huis gegaan het, die bekende aktrise Sandra Prinsloo, sê Evette los ‘n geweldige leemte in die lewens van die wat sy agterlaat. Prinsloo het haar as ‘n natuurmens beskyf en ‘n uitstekende beeldende kunstenaar. Marius Weyers en Prinsloo het in 1968 die eerste keer saam opgetree en was lank die lieflinge van talle Afrikaanse rolprente asook die teater. Hulle het ook in die wêreldbekende rolprent, “The Gods must Crazy”, in 1980 gespeel. Weyers het besluit om die toneel-wêreld vaarwel toe te roep toe sy vrou siek geword het.
