Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê die dood van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die multinasionale Steinhoff-maatskappy, sal nie die voortgesette ondersoek na die Steinhoff-bedrogskandaal beïnvloed nie.
Jooste het Donderdag sy eie lewe geneem, naby sy luukse herehuis in Hermanus. Sy dood kom ‘n dag nadat hy ‘n boete van nagenoeg ‘n halfmiljard rand opgelê is, vir bevindings oor die opstel van bedrieglike finansiële state.
Daar word berig die 63-jarige Jooste is glo Woensdag ook ingelig dat homself gister aan die Valke sou moes oorgee.
1 Comment
Comments are closed.