Markus Jooste het gistermiddag, enkele minute ná aankoms by die hospitaal, aan ‘n skietwond in die kop beswyk.

Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die multinasionale Steinhoff-maatskappy, het sy eie lewe geneem naby sy luukse herehuis in Hermanus. Sy dood kom ‘n dag nadat hy ‘n boete van nagenoeg ‘n halfmiljard rand opgelê is vir bevindings oor die opstel van bedrieglike Steinhoff-finansiële state.

Daar word berig die 63-jarige Jooste is glo Woensdag ook ingelig dat homself vandag aan die Valke sou moes oorgee. The Citizen berig die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Malcolm Pojie, het Jooste se dood bevestig. Poje sê ‘n geregtelike doodsondersoek-dossier is geopen en dat geen gemene spel vermoed word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×